Aunt Sophie's Boerseep
birthday-giftbox-sketch
logonew1
logonew1
logonew1
logonew1
logonew1
logonew1

Die saadjie vir my liefde en bewondering vir ou goed is waarskynlik al in my kinderjare gesaai, toe ons hele familie feitlik elke Desembervakansie by my ouma Sophie op Lutzville gaan kuier het. Al was daar daardie jare nog nie elektrisiteit nie, het Ouma haar vrugteboompies getrou natgemaak wanneer dit op ʼn Dinsdag haar leibeurt was – want inlê en konfyt kook, dié moes sy, op die staatmaker-houtstoof in die hoek van haar ruim kombuis.

 

 Later jare, toe ek self op ʼn plaas gewoon het, het Ouma my geleer hoe om al hierdie goed self te doen. Vandag kan ek met trots haar handewerk voortsit om aan die nageslag ʼn glimp te gee van die lewensmiddele en gebruiksgoed wat toeka se mense vir hulself moes voorsien – goed wat vandag vir ons steeds mooi en bruikbaar is.

 

***************************

My love and appreciation of old things probably sprout from my childhood years, when the whole of my extended family spent most of their December holidays at my Ouma Sophie’s house in Lutzville. Even though it was the days before electricity, Ouma religiously irrigated her fruit trees on a Tuesday, when it was her turn to use water – for preserving and jam-making on the stalwart wood stove in the corner of her spacious kitchen were not to be neglected.

 

Years later, as a farmer’s wife myself, Ouma faithfully imparted to me the tricks of her trades. Today her handiwork proudly lives on through me, affording younger generations a glimpse of the supplies and commodities that, in years gone by, people had to provide for themselves – things that to this day are still regarded as pretty and useful.

20150214_120821
b2dcfaciiaapcbz

Categories

logonew1
logonew1
28cm skoenlappers r300